SUKSES: IV 27549. Wieg van die Mensdom. Op 9 Februarie 2016 het ‘n huisbraak plaasgeving by ‘n nie-lid in die Oaktree omgewing. Die huurder wat nie op die eiendom was ten tye van die voorval nie, het bewus geword van die voorval en het die buurman geskakel wat op sy beurt Conserv se kantoor geskakel het. Die naaste Conserv lede aan die voorval is in kennis gestel en gevra om te gaan ondersoek instel. Conserv se personeel en die Conserv gemeenskap het gereageer na die toneel. Daar is gevind dat daar wel ingebreek is, maar weens die vinnige reaksie van Conserv personeel en gemeenskap, het die inbrekers die meeste van die gesteelde goedere laat val en gevlug. SAPD, Conserv personeel en die Conserv gemeenskap het die verdagtes se spoor gevolg en het een swart verdagte wat in ‘n bos geskuil het gearresteer met gesteelde goedere in sy besit. ‘n Selfoon was ook gekry. Die verdagte is deur SAPD gearresteer. Dankie aan almal betrokke en ook aan die SAPD.12043217_1682748812006459_2009499022857010082_n